Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kinderland " deur S.V. PETERSEN
" Kinderland " deur S.V. PETERSEN [boodskap #75541] Tue, 08 April 2003 15:17 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

S.V. Petersen
Kinderland

Sou daar in my wonderwêreld
soms nog kinders kaalvoet klouter
opdraand teen die taaibosrand?

Pluk hulle bessies, skilpadbessies,
donker-rooies, bruines, géles,
nou nog in my kinderland?

Geur dit nog van peperbossies
en renoster- waar die aarde
ooplê teen die hemelrand?

Hoe verleë dool ons dikwels
mymerend deur die verre strate,
moeg van stad en stadskoerant;

Hunkerend tussen die skare
eenling, eensaam in ons wese,
ver van huis en kinderland!
Re: " Kinderland " deur S.V. PETERSEN [boodskap #75570 is 'n antwoord op boodskap #75541] Tue, 08 April 2003 20:58 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai, maar dit is mooi :o))

E

skryf in boodskap news:3E92E84D.7090803@rogers.com...
> S.V. Petersen
> Kinderland
>
Vorige onderwerp: " drome is ook wonde " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " Nou was sy liggaam " deur N.P. van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 04 08:42:04 UTC 2024